Stellenbosh via Swellendam na Worcester.
Die eerste deel van hierdie dag sal ek nie weer wil beleef nie..!!!…Gelukkig weet n ou nie hierdie dinge as jy opstyg nie..!!!
Almal wie al in hierdie deel van die Kaap was weet dit is die Kaap van Storms.!!! En daar le baie bote onder op die see bodem…
Die voorspelling vir die dag beduie daar is n Suidweste wind..Die ouens by die klub het elkeen n verduideliking hoe om die maklikste oor die berge te kom…
Larry gee die nodige aanwyssings en waarskuwings en vir die eerste keer is daar nie tyd om te sikel as ons opstyg nie maar elkeen gaan net voluit om hoogte te kry ten einde deur die ‘poort’ in die berge te kom en dan daarna links op in die valei Swellendam se rigting..Vir n oomblik wonder ek waarom daar so baie motors en mense met kamaras was om ons aft te sien…???
Onmiddelik toe ons opstyg rapporteer iemand dat daar tubulensie in die lug is maar nie so erg dat dit onhanteerbaar is nie..!!
As ek voor my kyk sien ek net my chommies maak dit voluit oppad boontoe.!!! En soos gewoonlik is ek agterna….My oe is vasgeglue op die poort en die trike voor en bo my…Ons is nog duskant die poort en ek probeer om na 8000 vt te klim..!!!Die Rotex enginetjie huil soos ek hom trap maar wil nie hoogte kry nie...wel trap daai throttle nog harder, en stadig begin sy klim....Shoe !!! dit het my laat worrey..!!!
Skielik vlieg die ou voor my nie meer reguit na die poort nie maar swenk skerp na links.!!!Ek verstaan nie, die opdrag was om deur die poort te gaan en anderkant in die valei sal ons N.O. koers inslaan….Hoe nader ek aan die poort kom hoe meer druk die wind my weg en hoe meer moet ek my rigting korriggeer om nie die poort mis te vlieg nie..totdat ek ook in die posisie kom soos die trike voor my en ook na links vlieg ten einde nie die poort mis ve vlieg nie.!!! Want dit is die enigste deurgang..!!!
Die uitsig is swak, dit is hel koud en ek het nie handskoene aan nie..My vingers ys..Die wind waai…ek vlieg moer hoog…9200 vt….en ek is kak bang…

(Daar is twee meisiekinders wat saam met ons vlieg en ek het later gehoor Erika het tot by 10,000 vt geklim….)anyway, toe ek deur die poort is maak die valei voor ons oop en ek verander rigting na links..Daar is nog steeds hoe berge aan weerskante van my maar ek is veel nader aan die berge links van my..
My spoed begin optel en voor ek kan bly word daaroor staan my grondspoed meter op 106 nm ph….Dit is omtrent 200 km per uur…

Gelukkig bly dit nie daar nie en kom af na tussen 80 en 90 nm ph….Larry ons leier is links voor my, nader na die berge se kant toe..Skielik se hy “ I am in severe turbulence “…en met die draai sy trike om en verander van rigting..

ek kon nie verder kyk nie want ekself beland toe ook daarin..al wat ek weet die trike was rond gegooi, ondertoe , boontoe en na die kante toe..vir oomblikke het ek op my voetrest.s gestaan dan weer op my sitplek gehang…Skielik het ek geweet waarom dar so baie ouens was fotos van ons kom neem het toe ons opgestyg het..!!!
Gelukkig het dit nie te lank aangehou nie en was die res van die trip na Worcester redelik vinnig verby met n moeilike landing wat op almal gewag het…
Langs hierdie deel van die kus het dinge vinnig gebeur…Skuins verby Kaap Augulas, Die winderigste plek is S.A. tot by Mosselbaai. Waar ons weer brandstof inneem…Daarna is dit Stanley Island naby Plet…..n Eiland in die Keurbooms rivier met n landingstrook amper tot by jou kamer…

Vyster akkommodasie en jy kom met n boot of vliegtuig tot by die lodge,,…

Fantasties…n warm ete n dop of twee..n bad en n rowwe dag kom tot n eind…
Een dag se vlieg bly oor van Stanley Eiland tot by Ghrahamstown waar die res van die span bly..Daarvandaan is dit ek alleen verder…
Praat later weer…
