John Weston(Kimberley) Fly-In

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
Hendrik7
Thinking of flying
Posts: 10
Joined: Tue May 20, 2008 8:40 pm
Location: FAKM

John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby Hendrik7 » Fri Feb 18, 2011 9:37 am

JOHN WESTON FLY-IN
5-6 Maart 2011

Dit is vir Kimberley Microlight Club ‘n groot voorreg om u almal hartlik uit te nooi na ons, eerste in ‘n baie lang tyd, FLY-IN!

Die voorlopige program is as volg:

Saterdag, 5 Maart 2011

07:00 - ... Aankoms

18:00 – tot laat; Spitbraai en saamkuier

Sondag, 6 Maart 2011

06:00 – 08:00 Koffie, tee en beskuit
06:00 - ... Groet en vertrek

Avgas, koeldrank en worsbroodjies sal gedurende die dag te koop aangebied word. Sou u iets anders – of sterker – verlang, sal daar ‘n voertuig beskikbaar wees om Kimberley toe te ry.

Alle vlieëniers, hulle gesinne en vriende is welkom by die spitbraai. Daar sal skaapvleis, slaaie, brood en botter wees MAAR slegs vir die wat vooraf bespreek! Die koste van die ete beloop R50.00 per persoon. Gratis slaapplek is ook beskikbaar in die vliegtuigloodse. Besprekings moet teen 28 Februarie 2011 by Neville (082 774 4504) gedoen word.

Neem asseblief kennis dat John Weston tans in ‘n “special rules area” val. Die gebied strek van Delportshoop, met die teerpad langs, tot by Kimberley en dan weer van Kimberley tot Douglas en met die Vaalrivier en Hartsrivier op tot weer by Delportshoop. Die maksimum hoogte is slegs 5000ft ! Om hoër te kan vlieg moet u ‘n “transponder” hê en by Bloemfontein Approach toestemming kry.

Vir verdere navrae, kontak Koos Louw (082 555 3118) of Pieter Swart (083 247 4676).




JOHN WESTON (S 28°44” E 24°40”) 124.8 ; FAKM 118.2 ; FABL(app) 119.4
User avatar
John Boucher
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4330
Joined: Mon Jan 29, 2007 5:23 pm
Location: Dana Bay, Western Cape South Africa
Contact:

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby John Boucher » Fri Feb 18, 2011 11:16 pm

Aaag Hendrik man.... I'll be missing this one as I am off to Swellendam. But one of these days, Bokooi will land there again on her journey to her new home!

Julle moet dit geniet! (^^)

Oh, Mr SO.... I'll be e-mailing the SMS documents to you shortly!
John Boucher
MISASA Chairman 2023
jb.brokers@gmail.com
chairman@misasa.org
A Bushcat is Born - CH 211 C "Super Excited" :evil:
User avatar
BOATCH
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 378
Joined: Thu Jun 28, 2007 10:52 am
Location: ALIWAL NORTH

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby BOATCH » Sun Feb 20, 2011 8:57 pm

Hi daar julle kan op ons ondersteuning staat maak,ons sal julle bel om te bevestig.Sal twee airies wees een van Burgersdorp en een van Aliwal noord.
User avatar
BOATCH
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 378
Joined: Thu Jun 28, 2007 10:52 am
Location: ALIWAL NORTH

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby BOATCH » Thu Mar 03, 2011 9:45 pm

All is set refueled,washed,gps set preflight done only the weather can not be ordered vhpy
Hendrik7
Thinking of flying
Posts: 10
Joined: Tue May 20, 2008 8:40 pm
Location: FAKM

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby Hendrik7 » Wed Mar 09, 2011 11:08 am

En soos dit gaan kan n mens nie die weer bestel nie :(

Daar het altesaam 5 :o vliegtuie ingevlieg.

Cheetah, Cirrus, Sky Jeep, Jabi Sp en 'n C210.

Die spit braai die aand was die hoogte punt. Van die 32 mense wat bespreek het, het 'n rapsie oor die 50 opgedaag :shock: . Nou ja wat sal n mens se, as jy nie kan vlieg nie dan gesels ons darem daaroor.

Groete tot volgende keer.

Hendrik
User avatar
John Boucher
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4330
Joined: Mon Jan 29, 2007 5:23 pm
Location: Dana Bay, Western Cape South Africa
Contact:

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby John Boucher » Wed Mar 09, 2011 12:00 pm

Wel... die volgende een sal Bokooi bywoon.... weer of te nie!
John Boucher
MISASA Chairman 2023
jb.brokers@gmail.com
chairman@misasa.org
A Bushcat is Born - CH 211 C "Super Excited" :evil:
User avatar
BOATCH
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 378
Joined: Thu Jun 28, 2007 10:52 am
Location: ALIWAL NORTH

Re: John Weston(Kimberley) Fly-In

Postby BOATCH » Wed Mar 09, 2011 8:30 pm

Ek het probeer en toe by mense op n plaas moes land om die weer te vermy.Ek het sowat 120km gekom toe die weer my dwing om te land.Het in die skyranger op n stil grondpad geland en later by boere op die plaas beland waarna ons toe baie lekker gebraai en gesels het.Het toe weer sondag oggend terug gevlieg Aliwal toe maar het toe goeie vriende gemaak.Sal die volgende een weer probeer. :(

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests