Dankie manne..Lekker om te sien daar is ouens wat my geskrifte lees.
John.com wrote:Verskoon my Afrikaans en "mixed-taal", maar ek is darem 'n soutpeel and 'dis my eerste Afrikaanse pos!
Well done John.com..glad to be an inspiration..
Ek het nou reg gekom met die postings..sal dit eerder deur windows doe,..
Dankie ook Skin en Asterix, julle inspireer my..
Ek hoop ek kan van die Rand manne en die Groblersdal pilots inspireer om die Eagle Flight ding te doen volgende jaar....Ek wil nie afbreek doen aan Fly-outs wat ek al gedoen het nie maar rerig manne hierdie een is lekker en ek 'staan maar net en kyk'

!
Sorry gentlemen but will have to write this in Afrikaans as it will be the best way to give justice to my experience at Eagle Flight.
Ek was die enigste triker wat hier aangevlieg gekom het, maar daar was gelukkig drie ander trikers wie hier hanger. Dan was daar ook verskeie aeries wat onder die .Microlighters klas sorteer wat van orals aangeland het.
Benewens dit ook talle groter vastevlerke en, gyro,s en selfs n helicopter of twee.
Kan met vrymoedigheid se dat daar geen diskriminasie teen die trikers ( armgatte) is nie..In teendeel ek het die gevoel gekry dat die trikers hoog aangeskrewe staan by die blik manne..
Een van hulle het reguit gese hy is te bang vir n trike, hy wil met n yster ding vlieg met meer boute en moere.!!
Die enigste onderwerp waaroor gesels word is vliegtuie, en ervaring wat uit gedeel word.
Die organiseerders is Dawid Lubbe en sy familie en vriende wie opsigtelik ten doel het om almal gelukkig te hou met die beste kwaliteit verblyf, kos, en reelings.
N Groot klomp vlieg entoesiaste kom bymekaar om hulle vir n naweek te geniet..
Met Spot landings, navigasie en meelbomme gooi word gekompeteer.
Die klem val op kameradie en n ou gaan hier weg met talle nuwe vriende se sel nommers.
Ek het weer groot chomme gemaak met n paar groot geeste..
Die ouderdomme van die pilots wissel tuussen 17 en 70..
N Grootgees in die Aviation met die naam van Carl het ons vertel hoe vlieg jy n boeiing.
Daarna was dit vleis braai en heel aan die einde toe die manne al sterk wil begin kuier roep David ons nader en se :” hier is julle nav toets vir more en sorg dat julle 6H30 gereed is om op te styg.”..Op daardie stadium was ek toe groot chomme met een van die studente wie net die vorige dag sy nav toets gedoen het en met sy hulp kom ons toe tweede in die Nav kompetisie.

Soos dit gewoonlik gaan is die eerste aand n groot vrolikheid tot 2, 3 uur in die oggend..Van die ouer pilots, daar van Krugersdorp se kant af, was voorbokke en het baie gesukkel met die Nav toets die volgende oggend…
Saterdag-oggend word n bedrywigheid wat danksy die lekker weer ontwikkel in n heerlike vlieg-dag..
Die aand vertel Mike Blyth ons hoe dit voel om in n aerie te klim met NIE GENOEG BRANDSTOF vir n 26 uur trip oor die Atlantiese oseaan nie en op n tailwind moet hoop om op te maak vir jou brandstof tekort…..Dit wil gedoen wees….
Ja die prys uitdeling was ook die Saterdag aand…en danksy my studente passasier kom ons tweede in die nav toets…eerste in die meelbom gooi…hier moet ek weer erken dat my passasier die bom gegooi het..Ek wil nie windgat klink nie maar toe wen ons die spotlanding ook…Ek het self die aerie gevlieg!!!!!
Na dese ken almal Blue Max en kan ek nou amper enige rigting vlieg daar sal altyd n pilot chommie wees wat sal help langs die pad.
Lyk so al asof ek my planne gaan wysig want my nuutste chom, Bertie van Welkom, het gese ek moet n draai by hom kom maak, dan land ek op sy plaas, sit my aerie in sy hanger en ry met sy bakkie na Nampo toe dinsdag of woensdag..Klink lekker en moontlik maak ek net so…. En natuurlik daar is Debbie ook want my hart begin al n punt trek soontoe..!!!
Pics volg…geniet dit.
