Ek probeer om die smiles te pos maar dit wil nie opkom nie..

!
Donderdag oggend 22 July..
Dit maak nie saak hoe vroeg ek opstaan nie maar wegkom voor 07H30 is net nie moontlik nie..
Ek het tuisgegaan by Ezulweni lodge op die Noordkus..Omtrent n uur se vliegtyd verder noord is Kosiebaai..As ek tot daar gevlieg het moes ek oor Swaziland terug en aangesien ek nie n paspoort het nie, het ek dit raadsaam ge-ag om eerder suid om Swaziland terug te vlieg binneland toe..
Ek het op n paar plekkies verneuk met hierdie sg, om Suid-Afrika trip..Eerste was daar is nog so stukkie van S.A. verder noord van Port Nolleth..Dit is omtrent 35 nm tot by die Oranjerivier. Die ander plek was Kaapstad wat biekie trickie is sonder n transponder om die heel suidelike punt..Daar het ons shortcut gevat vanaf Saldanabaai via Stellenbosh. Die ander plekke was die TMA,s van OosLondon, Port Elizabeth en Durban..
Vanaf Hluhluwe vlieg ek via Vryheid en Volksrus tot by Standerton..Dit is n hopperige en nie lekker trip nie..Oor die berge tot by 8000 geklim..Die heeltyd teen die NW. wind en moet bar vol trek om 40nm ph te kry..
Baie dankbaar om by Standerton te land en word op die hande gedra deur regte boeremense…Familie van ene Asterix wat ook op die forum kuier!!!
Die trippie Vanaf Standerton tot Microland was ook reg teen die NW wind en sukkel ek om 40nm ph te kry…Alles baie rustig tot so 20 nm voor my bestemming..Die wind verander S.W en my spoed is binne sekondes 55 nm ph..Was regtig nie lekker nie….
Land Veilig by Microland en twee OU balle met grys koppe, wat al jare en jare lank in die bedryf van trikes is groet my asof ek nou pas van n flip om die mielieland terug is..

In total het ek 2,361 nm gevlieg.. Dit het my 54 ure geneem….en my gemiddelde spoed was 44 nm ph…..My trike n 582 Aquilla wat ek tweedehands by Paul de Kok gekoop het, het nou 617 ure nadat n nuwe shortblock op 167 ure gefit is en engine ure weer gezero was…Geen probleme gehad nie en die engine loop soos n oorlosie..Die enigste problem was die nosecone voor wat uiteindelik so wind verweerd geraak het dat ek die laaste 100.nm daar sonder moes vlieg....!!!
Baie dankie aan almal vir die bemoedigging regdeur die trip..
Ek plaas n paar fotos..