Gyrosa - onbaatsugtige hulp
Posted: Sun Nov 25, 2012 7:22 pm
As die bystand, hulp en positiewe advies en raad wat ek ondervind het tydens my opleiding en verkryging van die Gyro lisensie verteenwoordigend is van die Gyro gemeenskap, verwyder dit alle vraagtekens wat ek gehad het nadat ek my gyro gekoop het.
Ek kan nie anders as om vir Gyrosa hier uit te sonder en my spesiale dankie aan hom hier op die forum, aan al die ander vlieeniers en manne wat ek ontmoet het tydens hierdie absolute genotvolle ervaring die afgelope maand by die Springs vliegveld baie dankie, ek sien baie daar na uit om saam met julle te vlieg en rig 'n ope uitnodiging om vir my te kom kuier in die Laeveld - fantastiese vlieg gewaarborg!