Page 1 of 2

Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 8:46 am
by Gyronaut
The dreaded 'Dragon of the Downwind' struck again this last weekend. This brings the count to 7, that I know of personally, where the downwind dragon has won and the gyro has lost.

I have been asked to post this to quell any potential rumours about the incident.

A gaggle of gyro's took off from Saldanha on Sunday, the last one off the ground - occupied by the highly respected and very senior pilot Eben Mocke, who has many many hours and years of experience, decided to turn early, low-level to catch up with the rest quicker. These are his own words -

"Net na take off van Saldana lughawe vir n vlug na Lambertsbaai het ek te vroeg lings uit gedraai , wind 15 knope gusting reg van voor. Die gevolg van my aksies was dat die gyro nie genoegsame lugspoed gehad het nie en dus hoogte begin verloor het, hoogte wat ek nie gehad het tot my beskikking nie. Ek het toe die gyro gevlieg en probeer uit die situasie kry tot die beste van my vermoe, maar het geen spasie gehad , in hoogte of afstand om dit te kom reg kry nie. My laaste opsie was toe maar om haar neer te sit in die veld voor ek oor die hoof pad of in drade sou invlieg.

Ongelukkig vir my was daar n wal op die grond wat die gyro se 'keel' geslaan het en my dus vooroor gedruk het waarna die gyro omgeval het en beskadig is.

Ek het absoluut NIKS oorgekom nie , behalwe dat n ou se ego geknel is maar dit sal weer herstel."


I hope we all learn something from this incident. The few lessons I see are: The dragon of the downwind turn lurks to bite even the most experienced. Keep climbing until at least 200ft AGL before initiating a downwind turn - then you have some altitude to convert to speed if the ground-speed perception does trick you into letting your airspeed drop. If you do mess-up, be honest enough and man enough to admit it so that others can learn from your experience.

I am very pleased that Eben wasn't hurt in the incident and admire him for sharing his experience with the rest of us even though his ego must still be quite bruised. Well done on executing a good landing Eben!
=D*

For those of you not familiar with the article by "Sir Jim Davis" - you can find it here: viewtopic.php?f=17&t=6868

Fly safe

Len

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 9:17 am
by Jabbanaught
Glad you OK EBEN , Thanks for sharing !!!

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 10:45 am
by fransstrydom
Magtig Eben,
Ons het net voor dit nog gestaan en jou vliegtuig bewonder.Dit moes gebeur het net nadat ons daar uit is.Ons is baie verlig dat jy veilig is.Dit bewys net weer,VLIEG DIE DING TOT OP DIE EINDE.Jou vaardigheid het jou lewe gered.Ek wil net opmerk dat hierdie trip een van die beste dinge was wat ooit met my gebeur het.Ons het absoluut FANTASTIESE mense ontmoet en sal n storie skryf op die forum.Ek het oor die 400 fotos geneem(meerderheid onbruikbaar)maar n klompie baie goeie fotos bymekaar.Groette Francois
fransstrydom
Proud Sycamore owner
ZU-CCN
Rhino Park

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 11:08 am
by FLYNOTE
Ai jai jai !! Jammer ou Eben. Ek belowe jou ek het erger as jy gevoel toe ek my gyro in die Bosveld moes neersit. :shock:
Dankie dat jy gedeel het. Dis hoe ons almal leer . And those of us who have learned the lesson before needs the reminding or refreshing from time to time. Would be very interesting to get all the incidents and happenings from our meet on the forum so we can all learn from each others experiences.Well done Eben !!!! (^^)

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 11:19 am
by Grumpy
Bad Luck Eben, All the best.............. Walk tall and proud. (^^) (^^)

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 12:34 pm
by fransstrydom
Eben en seuns,
Ek kon nie help om selfs uit die radio gesprekke tussen julle op te merk dat julle n baie hegte gesin is.n Pa wat absoluut lief is vir sy seuns en waar daar nie n tekort aan liefde is nie.Julle is absoluut bevoorreg om dieselfde passie te deel.Ek vlieg graag saam met mense soos julle.
fransstrydom
Proud Sycamore Owner
ZU-CCN
Rhino Park

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 12:43 pm
by nicow
Ons is bly hy is OK,en ons sal nou ook meer versigtig vlieg-Dankie dat jy dit met ons deel.

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 2:52 pm
by saraf
Onthou net , daar is twee soorte pilots,

die een wat al n insident gehad het

en die een wat nog een gaan he.

Groete

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 3:39 pm
by Technocrat
Ai Eben, ek wens ek kan iets sĂȘ om jou beter te laat voel. Ons is almal dankbaar jy is nie beseer nie (ek lei af daar was nie 'n pax nie).

Sterkte - heel waarskynlik gaan die ervaring jou nog 'n beter instrukteur maak!

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 3:57 pm
by M.T.Head.
Ai Ai Ou maat.

Wys jou maar net 'n man moet altyd skerp en versigtig met ons wonderlike vliegtuie wees.
Toemaar jou ego sal weer herstel. Jy het immers mense wat jou bystaan.posting.php?mode=reply&f=20&t=14593#
Ek het my eerste Gyro in Keetmanshoop "geprang" en moes vir 2dae alleen sit en my wonde (ego) lek voordat ek fisies 'n vriend byderhand kon he' om met my te simpatiseer. Dis baie erger as wat mens sou dink, want 'n ou is mos maar hard op jouself.posting.php?mode=reply&f=20&t=14593#

Ek het toe weer vir my 'n Gyro gekry en al weer 300ure gevlieg.

Dankie dat jy dit met ons deel sodat ons daaruit kan leer, en sterkte vorentoe!posting.php?mode=reply&f=20&sid=6c10282 ... 93&t=14593#

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 5:15 pm
by Pieter Smith
Sien julle nou wat het die Stellenbosch naweek aan my gedoen. Met my kort humeur sou ek nou goed gese het wat ek nie moes nie. Maar nou ja, na ek julle nice mense ontmoet het is ek baie kalmer. :)
Sterkte Oom Eben en Ebbie, is bly jou Pa is ok en hoop EPM is sommer gou weer inni lug.

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 6:27 pm
by M I Claase
Eben jammer om te hoor maar baie bly jy is ok. Ek kan nog goed n paar nagebootste noodlandings saam jou onthou en hoop jy het joune net so kalm benader. Jy rook nie maar ek glo n bietjie nicotien en n goeie shot kwv sou goed gewerk het na die insident!
Drie jaar gelede was ek in dieselfde situasie met die verskil dat hoog spanning drade my forseer het om wind af te draai na opstyging en ja, daar is min tyd om te wonder en, soos jy, moet mens bitter vinnig oordeel wat is die beste ding om te doen en as n noodlanding "the only way out" is,"let it be" en maak dan die beste van n slegte situasie al was jy die oorsaak daarvan! Die feit dat jy (en ek) kon wegstap moet eerder n ego "booster" wees en nie anders om nie.

Die punt wat ek wil eintlik wil maak is dat jou moeilikheid begin nou eers! Want jy moet jou spares in Upington koop en hulle is F----- duur, stuur of order niks
voor die geld nie wys nie! Hoop jy het n goeie kontak daar en klein Eben is jou genadig! Vervang tog net alles wat die Mockes se jy moet en daar behoort nie veel probleme te wees nie. 3 jaar terug het dit R130 000 gekos sonder arbeid! Die aliuminium in die blades haal darem n paar rand by die scrap ouens!

Sterkte!

Malcolm

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Wed Nov 24, 2010 8:05 pm
by Jabbanaught
Pieter Smith wrote:Sien julle nou wat het die Stellenbosch naweek aan my gedoen. Met my kort humeur sou ek nou goed gese het wat ek nie moes nie. Maar nou ja, na ek julle nice mense ontmoet het is ek baie kalmer. :)
Sterkte Oom Eben en Ebbie, is bly jou Pa is ok en hoop EPM is sommer gou weer inni lug.
Jy is n nie so bedonderd soos wat jy wil voorgee nie , Maar ek weet dat Eben snr jou ondersteuning waardeer vhpy

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Thu Nov 25, 2010 11:10 am
by Low Level
Hi Eben

Flying behind the power curve is 100% relevant here. If your dad handled it wrongly he might have been dead or seriously injured. He handled it brilliantly to survive without injuries. =D* =D*

I think one can teach a monkey to fly a plane, it's the way one handles an emergency that makes you a great, or an average pilot. Unfortunate about the accident and subsequent damage, and I feel for you guys, :(> but cudos to your dad. !!!! Tap on the shoulder for him. (^^)

Re: Dragon: 7 ; Gyro: 0

Posted: Thu Nov 25, 2010 2:06 pm
by M I Claase
Manne,manne,manne dit is tragies om nadat n man wat n reuse bydrae in gyros in SA maak,vele mense opgelei het en nog steeds doen, n ongeluk gehad het, daar wragtig nog mense is wat negatiewe uitlatings maak om punte te probeer score vir wat sy motief ookal is,aanhalings maak van wat hy gedroom het, in plaas net die man support. Hy laat my baie dink aan n vriend van my wat in n ongeluk was en op die toneel aangerand en beroof was en dan nog betaling wil he om hom te help! Begin n nuwe onderwerp en ons tref daar vergelykings.Enige iets wat in mens se lewe gebeur het n leer kurwe,negatief of positief en net jy kan besluit hoe dit jou raak.Die positief wat ek beleef uit die uitlatings is; mag ek nooit so negatief wees nie!

Eben julle is ysters en dankie vir julle bydrae tov gyros in SA.