Page 1 of 4

Rotax 582 performance mod

Posted: Tue May 13, 2014 11:35 am
by Henni
Hi everyone,

Please don't shoot me - Went back 23 pages and found no reference to this. I've read somewhere that somebody does a reed/rorary valve mod on the Rotax 582 engine that increases the output to 75hp. Was not too interested at the time, however now I am.

Can anyone point me in the right direction please? hennie point vanrooyen overat exxaro littledot com

Keep well all,

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Tue May 13, 2014 7:25 pm
by Jean Crous
:shock: :shock: Hennerik, wat beplan jy nou :?: :?: :?:
Jean.

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 6:04 am
by Henni
Hi Jean,

Ek kan onder andere moontlik 'n 582 vir die KR2 kry. Ek het verseker van die mod op die 582 gelees. Ek weet dat almal die mod op die uitlaat stelsel afkeur, maar hierdie is skynbaar iets heel anders.

Sien hier en hier. Ek het verseker gelees van iemand hier in SA wat dit suksesvol doen en al wat ek soek is kontak info.

Indien die mod moontlik is sal verkoeling ook nie 'n problem teen die hoer snelheid wees nie. Inteendeel, ek het erens gelees dat dit beter is om 'n verstelbare lug uitvloei klap vir die verkoeler te maak sodat dat mens dit kan beheer om nie te veel te verkoel nie.

'n KR2 sal baie lekker met 75pk vlieg as sy so lig is! Dit tesame met 'n Warpdrive prop behoort die deurbraak te gee waarvoor ek soek. Ek moet besluit:

1. Baie swaar met baie krag en SUPER betroubaar

of

2. Baie lig met baie minder krag. Hier wil ek die krag tot die uiterste gebruik.

Nie 'n maklike keuse vir nou nie...

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 8:14 am
by Jean Crous
Henni, as jy daai info kry laat my weet asseblief. Ek het n projek aan die kom met n 76hp 618 engine , en sal graag daai mod op hom wil doen dat hy so 80hp uitsit.
Groete.
Jean

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 8:36 am
by Henni
Hi Jean,

Maak so. Ek weet vir 'n feit dat dit reeds gedoen is en ook gedoen kan word. Sal soek totdat ek die kontak info kry en jou op hoogte hou.

Ek is verbaas oor die trae reaksie hier op my vrae. Al wat ek voorheen wou he is dat die wat leading edge cuffs vir hulle CH701s bou, vir my fotos stuur van hoe hierdie aan die leading edge geheg word. Daar is baie hier wat sulkes bou, maar ek kry GEEN terugvoer nie. Ek kan die flaps bou. Ek kan die ekstra vlerk profile voor die flaps bou. Hoe word hierdie aan mekaar geheg NADAT dit reeds gebou is?

Groete,

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 8:54 am
by Tumbleweed
Hennie contact Bundu Aviation the agents at Zynkraal. Very helpful and knowlegeable.

I suppose builders dont frequent the forum much.

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 9:21 am
by Henni
Hi,

Will do. Tx for the info mate.

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 11:37 am
by Air Hog
JeanTree wrote:Henni, as jy daai info kry laat my weet asseblief. Ek het n projek aan die kom met n 76hp 618 engine , en sal graag daai mod op hom wil doen dat hy so 80hp uitsit.
Groete.
Jean
Hi Jean
Die 618 kom standaard met die Reed valves uit.

Johan

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 12:06 pm
by Henni
Hi Johan,

Is 'n 618 dan 'n 582 met reed valves? Indien wel, weet jy wat dit verg om 'n 582 so te verander?

Groete,

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 2:07 pm
by Air Hog
Henni wrote:Hi Johan,

Is 'n 618 dan 'n 582 met reed valves? Indien wel, weet jy wat dit verg om 'n 582 so te verander?

Groete,

Henni
Hi Hennie
Weet nie presies wat die verskil is nie, is ook nie kenner nie. Ek het net 'n Thunderbird met die 618 enjin en die reed valves se seels het gelek, toe het Trevor Davies dit vir my vervang.
Kontak Trevor by o82 two four four two 3925, hy is kenner op die 582 en 618.

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 7:45 pm
by pit bull
dag henni,

ek volg die '''bou''' van jou kr2..............
ek is glad-nie n kenner van n rotax motor nie. maar wat jy hier vra, is interisant ek glo dit kan baie ''pilot's'' help.

ek stel voor jy bel vir flo momberg. hy ken die rotax motors BAIE goed, ek is oortuig dat as so n ''mod'' gedoen is, sal hy weet - wie & hoe ( dit doen )
ek weet flo is nie baie aktief op die form nie. hy het n vliegskool op eagle's creek, en hy bly in centurion op die plotte ( mnandi )
en as hy jou nie kan help nie, sal hy jou na die regte person verwys...........
flo se cell; 082 666 2000

hoop jy kom reg. vhpy

veilig vlieg
pit bull.

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Wed May 14, 2014 11:45 pm
by KFA
Daar is 'n gesgde in aviation. Fidle, fidle. f@%$@. Alles het 'n trade off. As jy die hp gaan opjaag gaan iets anders af, en dis gewoonlik betroubaarheid. Koop die regte engine. Wat van die Simonini engine. Weeg dieselfde as 582 en gee 100hp plus uit http://www.simonini-flying.com/victor2plus_ita.htm
Hulle wissel van 6800 - 7500 Euro's excl vat en vervoer. Ratkas is ingesluit en beste van alles jy kan hom by my koop.....

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Thu May 15, 2014 6:20 am
by Henni
Hi daar,

Baie dankie vir die al info. Bevrees die rede hoekom party van ons "Fidle, fidle. f@%$@." is omdat ons wil vlieg terwyl ons dit nie eintlik kan bekostig nie. Dis hoekom party KR2s bou en sommer VW enjins insit. Moeilik om te verstaan vir die wat nie in dieselfde posisie is nie. Party was wys en het hul lewens so ingerig dat hul hul passie heeltemal en ook op die regte manier en sonder te veel risikos kan uitleef. Ander weer het dieselfde passie, maar kort die wysheid om 'n lewenstyl te handhaaf wat dit ten alle tye sonder risiko toelaat.

Ek het my motorfiets cruiser nou te ruil aangebied vir 'n enjin of 'n microlight met 'n enjin juis vir hierdie selfde rede. As ek 'n enjin soos joune direk net kon aankoop, dan het ek rerig nie al hierdie moeite gedoen nie. Ja, dit sou VERSEKER 'n baie goeie koop gewees het, en ek sou VERSEKER belang gestel het, maar ongelukkig is dit vir die oomblik net heeltemal buite my bereik.

Ek kan nou UITEINDELIK iets met 'n 582 kry en ook iets anders wat super betroubaar, maar ook super swaar vir 'n KR2 is alhoewel baie KR2s nou met baie swaar enjins vlieg regoor die wereld. Moeilik vir my om die beste besluit te maak vir die oomblik omdat my hele uitgangs idee vir 'n baie ligte projek is.

Vertel my liewer meer van die mod en wie dit doen as jy nie omgee nie, want wat ek bou is in elk geval 'n "experimental" en ek sou graag met so 'n enjin wou eksperimenteer, vernaam as die 618 moontlik presies net so 'n modifikasie was. Ek ken sommige wat lank met 618s gevlieg het! En dit kan nie meer van 'n risiko wees as om 'n VW enjin in 'n vliegtuig te bou nie en daar is baie, baie, baie regoor die wereld wat dit doen.

Rerig, sonder om snaaks te wees: ouens wat geld het peuter nie met goed soos ek nie. Maar dis beter as om glad nie te vlieg nie. As ek jou vertel wat ek alles van jong tyd af gedoen het en gebou het om in die lug te kom en hoe ek uiteindelik begin vlieg het, sal jy eers le soos jy lag, my daarna inlig oor watse idioot ek was (en moontlik nog is), dat ek lankal dood moes gewees het as gevolg daarvan en daarna besef presies wat ek hier bedoel. Myne is amper soos 'n Wright broers storie, in my geval moes ek net van beter geweet het! Nou het ek my 850 ure of so in die absolute mees basiese vlieg goeters agter die rug, maar weereens kon ek vir die laaste sewe jaar glad nie vlieg nie. Ek word nie jonger nie en ek gaan VERSEKER binnekort weer vlieg, risko en al!

Groete,

Henni

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Thu May 15, 2014 8:06 am
by Jean Crous
Vat hom Hennie, daai bul ,vat hom by sy vlerke (^^) Het jy al vir MITECH hier op die forum gekontak ? Hy het n Rotax 583 , ja n 583, dit sit 90hp uit en lyk soos n 618 . Gesels met hom , sy naam is Mike.
Jean.

Re: Rotax 582 performance mod

Posted: Thu May 15, 2014 8:22 am
by Henni
Hi Jean,

Iemand het my gisteraand laat weet. Het hom vanoggend 'n pm gestuur. Dis rerig verstommend.

Groete,

Henni