Page 1 of 2

Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 12:24 pm
by nicow
Ons het die afgelope naweek aan die Afrika kampioenskappe gaan deelneem op Hazyview.Vrydag het ons vroegoggend op Potties Vliegveld opgestyg vir die eerste been na Burgersfort,waar ons op 'n privaat landingstrook geland het vir brandstof,en toilette...Dit was 'n lekker vlug,en ons het tot op 9500' geklim om veilig oor Winterveld se berg te vlieg.Die sigbaarheid was ook maar sleg met die son van voor...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 1:36 pm
by nicow
-Vanaf Burgersfort het ons weer opgestyg om Hazyview toe te vlieg...
Terwyl ons klim om oor die berge by Ohrigstad te vlieg,het ons die wolke in die rigting van Pelgrimsrus en Graskop gesien...
Ons het maar hoër geklim en probeer kyk hoe dik,en hoog die wolke is...
Ons het gevlieg tot naby Graskop,en toe dit duidelik is dat daar nie gate deur die wolke is om deur te gaan nie,het ons maar besluit om om te draai,en te vlieg tot waar ons kon land en wag vir die son om die wolke oop te brand.Ons het ook gevoel dat die wind sterk begin waai het.Ons het Ohrigstad toe gevlieg,om daar na landingsplek te soek,en toe lanks die pad op 'n plaas waar hulle besig was om mielies te plant,geland.Dit was 'n besige landing vir elkeen gewees,want die plek waar ons geland het was tussen berge,met 'n sterk dwarswind.Ons ground crew,het toe later by ons aangesluit,en vir ons water koeldrank,kos en roomys en ekstra petrol in die dorp gaan koop.Ons het hier vir 6 ure gesit en wag...Die son het ons almal lekker gebrand,en die wind het ons goed uitgedroog...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 4:02 pm
by nicow
Leg 3:
Ohrigstad na Numbi-Ons was vir 6 ure gestrand op 'n vreemde runway op Ohrigstad terwyl die son dooierus op ons vat,en die wind ons probeer uitdroog.Elke uur het ons na nog 'n weather app gekyk,net om seker te maak dat die weer nie dalk sal verbeter nie...Ons het kort-kort iemand op Numbi gebel,net om te hoor of die wolke nie besig is om te lig nie.Bret het ons kort kort gebel net om te hoor of ons darm nog op die grond is,en nie dalk 'n kans vat om te wil deurvlieg nie...Bret het weer gebel,en gesê die wolke is besig om te lig,en plek plek oop te maak.Ons het toe eers besluit ons om 1 uur op te styg,toe 2 uur,maar die wind waai nogsteeds met alle mag tussen die berge waar ons plak...3uur,en ons gaan vlieg....Willie van der Merwe is nommer 1-sy GPS werk beter as Gawie s'n,Gawie sal nommer 2 wees-hy is in die stadigste trike.Pierre Visser,en Nico Jnr Willemse is volgende,dan ek, en laaste Martin van Tonder-sy enjin moet eers warm word.Almal is airborne met 'n groot geskud,en probeer maksimum hoogte kry om die reuse berge voor ons te clear.Willie van der Merwe vat die voortou,met myself en Nico Jnr Willemse reg in sy propwash.Met 'n gerock n roll klim ons met volkrag die berge uit.Martin van Tonder vlieg voor Gawie Labuschagne wat nog stadig klim,en Pierre Visser bly ook in die formasie.Almal behou volkrag,en klim met alle mag en krag...Die eerste berg voor ons lyk soos die hoogste een,maar was maar net die naaste.Die berge tussen ons Pelgrimsrus en Graskop is baie hoër.
Meteens op so 9000 voet raak als kalm...
Ons begin rondkyk en die mooi area geniet.Gods Window lê reg voor ons,en ons kan sien dat dit nie heeltemal toe is Hazyview toe nie.Ons begin weer die vlug geniet,en almal raak meer kalm.Almal in ons formasie het veilig geland,en is deur almal daar hartlik verwelkom.Ons kon nie die eerste dag van die kompetisie deelneem nie,maar dink ons was in elk geval ook te moeg gevlieg vir die dag.

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 7:11 pm
by Blue Max
vhpy
Thanks, dis waarom daar n forum is. (^^)

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 7:34 pm
by kloot piloot
Lekker Nico ! Ons wag vir die res van julle storie.
Ons het die naweek berg geklim in die Laeveld en elke dag het sy eie interessante weersomstandighede gehad.
(^^)

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Mon Sep 26, 2016 8:23 pm
by Scorpio
Jis Nico, bly julle het ook so bietjie van die verkeerde kant van on wereld hier gehad.....
Bly julle is veilig tuis en dat julle tog die trippie geniet het. Maak volgende jaar weer by ons
`n draai dan sal ons hopelik saam verder met julle kan vlieg.
Groetnis....Kobus...PLM :P

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 8:40 am
by Tumbleweed
Dankie Nico. You capture the spirit of trike flying perfectly. Hopefully with more posts on the forum new pilots will be encouraged to join.

Can you share your gps co-ords of your recommended out landing strips so others can save for a reference?

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 1:44 pm
by nicow
Scorpio wrote:Jis Nico, bly julle het ook so bietjie van die verkeerde kant van on wereld hier gehad.....
Bly julle is veilig tuis en dat julle tog die trippie geniet het. Maak volgende jaar weer by ons
`n draai dan sal ons hopelik saam verder met julle kan vlieg.
Groetnis....Kobus...PLM :P
(^^) (^^) Dankie Kobus,dat ons daar by julle kon stop. (^^) (^^)

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:00 pm
by nicow
Africa cup-Saterdag.Ons het vroegoggend opgestaan en gou 'n draai gaan vlieg voor dit dalk reën.Die vrouens het by ons aangesluit,en ons het toe 'n groot ontbyt by die Numbi Hotel gaan eet.Na ete het ons eers weer na die vliegtuie toe gegaan om als reg te kry vir die kompetisie.Ons het ook deur die loop van die dag verskeie winkels en eetplekke in die dorp besoek,en lekker gekuier.13h30 was daar 'n briefing vir die kompetisie,en daarna het ons maar vir die weer gewag om te verbeter...
Baie het as gevolg van die wind en lae wolke nie deelgeneem aan die vliegkompetisie nie,maar die Potties Vliegklub het gevlieg.Nico Jnr Willemse se vliegtuig se vlerk is beskadig agv die weer/en rowwe runway,en hy kon nie als klaar vlieg nie.Hy het toe saam met my as my Pax gevlieg,en so ook gehelp met die bom drop,en met die ribbon cut.Hy was ook saam met my deel van die formasie vlug.

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:03 pm
by nicow
nog fotos...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:06 pm
by nicow
Dorp toe gaan fotos...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:14 pm
by nicow
Vliegveld...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:18 pm
by nicow
Nico se laaste spotlanding...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:24 pm
by nicow
Nico se kingpost se boud het gebreek,toe help almal gou die vlerk afslaan...

Re: Potties Patrollie Africa cup

Posted: Tue Sep 27, 2016 2:28 pm
by nicow
nog fotos...