Postby Bullseye » Sun Jan 25, 2015 7:41 am
Hi Almal
Kyk ek is seker die ou wat die langste gaan vat om sy mpl te kry ooit, met die insident, my trike koop en oorbou, en die plaas en boerdery het dinge maar stadig gevorder. maar ek het nou skouer aan die wiel gesit vorder nou goed, Het maandag 19 Januarie solo gegaan, wow wat n gevoel, die adrenalien het maar gepomp maar toe my wiele in die lug was, was ek rustig. Ek dink nie daar is iemand wat nie sy solo kan onthou nie. Ek het woensdag weer gaan vlieg maar daar was n lekkker sterkerige wind, die instrukteur was saam my op en ons het ordentlik crosswind landings gedoen, moet se dit was n goeie confidence builder, want ek het dit baie goed hanteer en goed geland.
Gister, saterdag weer gaan vlieg , weer was fantasties , het so uur en n half in die circut spandeer en maar landings geoefen, moet se trike hanteer baie anders met net pilot in, maar begin haar nou vinnig onder die knie kry, wil gou crosscountrys afhandel, sien baie daarna uit,Gaan naweek van 20 Fed na Bieliemielie fees op Reirz vlieg, paar trikes van vereniging gaan saam.
Het n 2 daanse staalkonstruksie opgekoop wat ek moet verander vir n hanger vir die trike en dit moet ook nog opkom, ek het n lsa hanger waar skoonpa hanger a hy plaas toe kom, my baan lyk pragtig vanjaar, 700m grabaan en hy sny hom elke week met n rideon trekkertjie, hy is so glad soos n grasperk maar steeds lekker hard. so as iemand heilbron verby of oor wil vlieg, ek het lekker koffie.
cheers vir eers
The Sky is not my limit, it is my playground!!!