FLY IN MY PROPWASH II
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Hier volg n weergawe van ons vlug tot by Narabus, in die Suide van Namibiee.
Verder Suid tot by Keetmans.
Ons roete vanaf Reveille neem ons na Piet Brunert op die plaas Goldene Aur. Dit is slegs 98 Knt van Reveille en word ook beplan met n stop iewers op n pan tussen die twee plekke. Ons word weer verras met n kalm wind wat ons grondspoed opskuif na ongeveer 75 knt.
Wat ons vliegplanne betref was ons altwee teleurgestel dat ons nie die volle dag kon benut vir vlieg nie.!! Met n gasheer soos Piet en Gerda Brunert van die plaas Goldene Auf was die opoffering weldra beloon.!!!Ons ontvang die plaasbakkie om self op die plaas rond te ry en wild te besigtig.
As kompensasie vir ons gratis verblyf en my oordadige eetlus onderneem ek om die vleis te braai. Met my vernuftige braai tegnieke voeg ek aansienlike smul-waarde by die reeds perfekte gemarrineerde skaap rib wat vervolgens sonder seremonie verorber word.
Piet was self n trike pilot van formaat wie reeds bekendheid verwerf het met n paar moeilike landings, waaroor ons nie hier kan praat nie, Hy het nou oorgeskakel na Gyro.s toe soos die meeste Namibiese boere tans doen. Trikes is in Nam ou brood.!! En daar is goeie redes voor.!! Vra my later.!
Na n lekker kuier is ons vroeg die volgende oggend in die lug en sterk op pad na Keetmanshoop wat meer as 200knt verder suid gelee is. n uur en half se vlieg verder land ons by nog n Gyrp Pilot boerseun, Alwyn Jordaan, wie ons inwag met 100 litt brandstof en n uitnodiging om die nag daar te vertoef.!!! Ons geniet Koffie en beskuit, vat daarna die lug verder. Die plan is om iewers ons vlug te onderbreek en bene te rek. Die besluit val op Gaumus Pan .
Ek land eerste en kom met my trike tot stistand net voor twee pale wat op n kort afstand tussen mekaar geplant is… baie gelukkig dat ek betyds tor stilstand kon kom.!!! Die pale was uit die lug onsigbaar as gevolg van hul kleur wat aangepas het by die grond oppervlak. .Ek waarsku Louis en hy misgis ander paaltjies verder langs die runway as die paaltjies waarteen ek waarsku..Lang storie kort ons was albei amper in die moeilikheid..Die terrain waaroor ons vlieg is steeds ‘leeu wereld’ en enige oomblik kan iets uit die bos spring en jou verslind!!
Ons kom presies 12 uur, SA tyd, by Keetmans aan. Die vroee aankoms is te danke aan n lekker matige noordewind en stel ons instaat om ons uitklarings en paspoorte te laat stempel en die nodige opdrag om Namibie te verlaat word nou n amptelike dokument.!
Ons bedoeling om eers die volgende oggend te vertrek word verydel toe die amptenaar ons meedeel dat ons dokumente bepaal dat ons dadelik moet koers vat..!!!
Ons besluit op n plekkie met die naam van Narubis en vertrek in ietwat rukkerige omstandighede na ons destinasie so 35 knts verder suid-Oos.
Teen so 65 Knts grondspoed is ons weldra daar en poog ons om iewers langs die opstal te land. Toe dit nie slaag nie word die pad daar naby probeer. Ook dit is nie moontlik nie en ons laaste opsie is die stuk veld so 5 Km verder waarop daar in 1984 laas n aerie op geland het,!! Louis land eerste met sukses en sonder enige gebreekte bene of vliegtuig skade. My poging is minder suksesvol toe ek aan die einde van die gewese runway eers die gras korter sny met my prop en toe daarna deur n sloot jaag!!! Genadiglik is niks beskadig nie en anker ons die trikes teen n verwese boompie wat op die oog-af jare laas water geproe het.
Ons onvermoee om by die opstal te land veroorsaak dat ons die distansie na die plaas toe moet stap. Die eienaar het klaarblyklik nie gehoor hoe ons sukkel om by sy huis te land nie en ons maak die afleiding dat daar niemand by die huis is nie. Na n uitmergelende staptog boslangs van ongeveer 5 km en oor n droe revier- bedding kom ons swetend en swetsend en honger en dors by n lewelose plaas opstal aan.,
Verweerde plaas geboue, stukkende vensters en n dooie koedoe wat neffens die plaashek le versterk die gevoel van verlatenheid. In die lig van die volmaan ondersoek Louis n verlate gebou wat eens n hotel was en nou leeg staan met geen teken van lewe op hierdie Saterdag aand nie.!!
Die stap deur die sand en bos met n vrag van 20 Kg noop my om n rusplek iewers op die sement stoep te vind. Ek sluk twee voltarins wat Louis iewers uit n sakkie krap met n voorraad spoeg af wat ek met moeite versamel het.!! Louis se onrustige gees noop hom om ondersoek in te stel na n lig wat n ent verder flou deur n venster skyn en waarby ons reeds in die verbygaan geroep en gefluit het sonder enige sukses.
Net toe ek begin gemaklik raak met die vlermuise en harde sementvloer hoor ek iemand roep my naam..Dit is Louis en ek hoor hy praat met iemand..
Weereens word ons die gaste van n weldoener en na n baie lekker koppie koffie word ons vriende met Giel Bronkhorst..wie dadelik merk dat my skoene vir maande nie geborsel is nie.!!!
So tussen gesels en kosmaak leer Giel ons beter ken en begin ek al hoe meer sku;ldig voel oor my ongeskeerde gesig, lang hare, en vuil pet wat ek op het..
Vir ons honger manne was die gereg van gekookte artappels, en wors met sous n heerlike gereg. As self-opgelegde straf omdat ek vergeet het om my pet af te haal gedurende die tafel-gebed onderneem ek om die skottelgoed te was en sodoende weer die guns van my gasheer te wen.
Dit was gisteraand 22 Junnie en more oggend vroeg vlieg ons Ariamsvlei toe..Daar moet ons brandstof kry en weer op konnekteer met Fransa wie die sleepwa in Maltueue moes gaan haal.
Ons is nou onwettig in die land aangesien ons al in Upington moes gewees het,.!!Hopelik sal inspekteur watsenaam ons nie weer op die runway kom haal nie!!!!! Nie dat ek bang is om toegesluit te word nie..maar dink net aan al die burokratiese rompslomp en bla, bla, bla.!!wat sal volg!!
vir eers.!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Ons vlug na Ariamsvlei.
Ons slaag daarin om vroeg oggend by die plek te kom waar ons die vorige middag geland het.!! Let wel ‘n plek’, nie runway nie! Met die stilhou merk Giel op dat die aerie bietjie laag op sy pens le.!! Tot my onsteltenis merk ek dit is n pap band wat veroorsaak is deur n dubbeltjie wat ek moontlik by Piet Brunert opgetel het.!!
Ek het al paar keer pap bande op trikes herstel en ken die moeite wat daarmee gepaard gaan. N Pap band beteken nog n dag se vertraging.!!! Veral in hierdie geval, waar ons ver van alles af is.
My vriende, Louis en Giel sien dit glad nie as n ‘groot probleem’ nie en in my gedagtes reken ek dit kan net wees omrede hulle nog nooit n lekkasie op n trike herstel het nie.!!Hulle gee my die briljante plan om met die bottle ‘ spookspoeg ‘ wat ek altyd in my trike het die band te pomp…Ek haal die bottle te voorskyn en merk die lugpyp is kliphard versteen en onbruikbaar..Ek krap baie benoud in my saalsak rond en vind nog n bottle spookspoeg wat die Engele daar geplaas het. Ek pomp die wiel en wag dat dit weer pap word maar niks gebeur nie!!!
Probleem nommer een is opgelos en al wat vorentoe kan gebeur is dat ek met n pap wiel by Ariamsvlei gaan land,.!! Terwyl Louis al besig is om mags te toets kry ek in n record tyd CHG reg vir n vlug van 107 knts. Gelukkig is dit wind-af en na verwagting sal dit slegs n uur en half duur. Die poort na my Vaderland le net n uur en n half se vlieg van my af en papwiel of te not ek is op pad soontoe.
Ek sit veilig vasgemaak en doen my finale checks. Die Engine klink mooi en egalig en het soos gewoonlik sommer maklik gestart. Nadat die Mags op Libertas herstel was het ek die mags getoets en dit het getoets. Een keer wat ek van weet het ek vergeet om dit te toets en meer as dit weier ek om te onthou.!! Vanoggend gaan ek dit toets..Louis is reeds in die lug en roep op die radio. Ek toets die mags, en daar gebeur dit, die linker kantste mag werk nie, net soos daar by Libertas n duisend KM terug.!! Die ander dag het Louis gese hy het jare lank n trike met een mag gevlieg en nooit geworry nie, want hy het nie van beter geweet nie!! Ek besluit ek weet ook nie van beter nie en gaan die 107 Knts met een mag vlieg. Net gou my GPS instel met hierdie ongemaklike handskoene wat ek aan het en dan opstyg met n moontlike papwiel landing en slegs een ‘mag’ wat werk. So met die instel van die GPS druk die handskoen op twee buttons gelyktydig en die portrait beeld verander na landscape wat rigting nou heeltemal anders wys.
Louis roep op die radio en vra of daar probleme is? Ek antwoord maar hy kan my nie duidelik hoor nie.. Is dit nodig om te meld dat die vlug nie baie aangenaam was nie? Dit is oor berge en berge en dale en gleuwe en spelonke en afgronde en enige naam waaraan jy kan dink waar n ou nie wil land nie…en aan die skaarsheid van enige sibare teken van lewe wil ek byvoeg,’ ook nie wil bly nie.!!’
Vir die tweede GPS op my vliegtuig wat’ Ariam- vlei’ nog op sy log gehad het se ek BAIE dankie, net soos vir die tweede bottle spookspoeg. Sonder hierdie dubbele voorsorg sou die vlug veel meer onaangeneem gewees het.!!
Die landing by Ariams-vlei is seepglad en die band nog vol lug!!!
Nou wag ons maar dat die wind bedaar en dat Mnr die polisie inspekteur nie onnodig oor ons pad kom nie.!!!
Tot later.
vir eers.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
n paar pics..
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Hier kom nog.
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Nog pics.
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
-
- The Big Four K
- Posts: 4958
- Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
- Location: Mooketsi,Duiwelskloof
- Contact:
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Dankie vir die stories en die pics...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Pics Meobs tot Walvis.
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Dinge in Walvisbaai.
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
- KlapperKnop
- I hate turbulence
- Posts: 336
- Joined: Mon Aug 15, 2011 1:00 pm
- Location: Pretoria
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Ek wil julle nie te veel verveel nie.!!Sal maar aangaan.!!
Sodra die wind ons weer vaskeer pos ek nog.!!!
- Attachments
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Ai Oom Polla, jy skryf vir my mooier as wat Pieter Pieterse ooit geskryf het! Skryf nog!!
-
- The Big Four K
- Posts: 4958
- Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
- Location: Mooketsi,Duiwelskloof
- Contact:
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Baie mooi,dankie vir die fotos
- wiskeyfoxtrot
- Top Gun
- Posts: 578
- Joined: Tue Apr 29, 2008 3:12 pm
- Location: Eagles Creek
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Looks like you guys are having a great time.... keep them pics and updates coming!. Fly safe guys
" Excuse me while i kiss the sky "
Aeroprakt A22 Foxbat
ZU - DYE
Sport Cruiser
ZU - LSA
Aeroprakt A22 Foxbat
ZU - DYE
Sport Cruiser
ZU - LSA
- Blue Max
- Frequent Flyer
- Posts: 1458
- Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
- Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35
Re: FLY IN MY PROPWASH II
Gaan die res hierdie naweek klaar skryf, Promis.!!
Internasionale grens dinge en van Ariamsvlei verder Suid. 24 Junie 2013.
Die dag wat ons paspoorte by Keetmanshoop gestempel was, was ons veronderstel om na Upington te vlieg. Onmiddelik, nie more of oormore nie…maar dadelik..!!! Ons kon nie, want ons vlieg trikes.!!En as die owerhede nou die onmoontlike van n man verwag wat doen n ou.??? Jy ignoreer hom .!!!
Sedert ons paspoorte gestempel was by Keetmanshoop het ons nou reeds een nag daarna deurgebring by Narrubis. Daar het ons een dag later vertrek en na Ariamsvlei waar ons vervolgens weer twee verdere nagte moes deurbring aan die Namibie kant van die grens..Dit was genoodsaak as gevolg van weers omstandighede.!! In total is ons nou reeds 4 dae en drie nagte laat ( lees onwettig) sover dit ons aanmelding by Upington betref.!!
Hierdie toedrag van sake het my as ‘redelike mens’ laat besef dat ek nie uitvoering kan of wil gee aan ‘onredelike’ wets vereistes nie wat aan my op gedring word nie.!! Daarom het ek toe die makliker maar meer riskante roete gevolg wat my van Ariamsvlei geneem het tot by die department van Binnelandse sake hier in my geliefde SA.
By Ariamsvlei het ek en Louis se paaie geskei. Hy het na wat ek verstaan n vliegplan in gedien en vervolgens na Upington gevlieg.
My vlug het my van Ariamsvlei oor die suidelike gebergtes van Namibie geneem, oor Kakamas en langs die Oranje revier tot by Groblershoop…Die eerste gedeelte was regtig rof en vol vrees want onder my was net woestyn gebergtes waar geen mens n heenkome kan vind nie. Net soos die wind onrustig oor die berge gewaai het, was my gemoed ook vol onrus oor die risiko wat ek loop deur nie via Upington te vlieg nie..!!! Dan dink ek weer vir n oomblik aan die woorde van een van die Lug kontroleurs toe hy gese het dat trikes ( en Microlights) dalk eersdaag verban gaan word by internasionale lughawens! En nou het ek sommer die verbanning vooruitgeloop.!!!
Langsamerhand kom die Oranje revier met sy groen besproeingslande in sig en verdring die onrus en vrees in my hart…Ek kry weer moed om my kamara uit te haal en neem foto,s van die pragtige tonele wat die een na die ander onder my verby spoel….Orals is paaie en lande en mense en winkels. Hoewel minder aanskoulik as die natuur waaroor ek die laaste maand en n half gevlieg het is dit soveel meer gerusstellend vir n trike pilot.!!!
Ek land ongeveer 11H30 by Groblershoop op n grond-pad en taxi tot amper reg voor die Kooperasie. N barmhartige Gyro pilot, Johan Marits stop langs my en bied hulp aan. Vinnig word 50 brandstof gekoop en maak ek weer vol.. Ek word aangeraai om na n lodge so 12 Knts verder terug te vlieg om daar te oornag..
Thuru Lodge is n vyfster jagplaas en my besoek is slegs moontlik omrede ek in gedruk word tussen oorsese jagters wie pas vertrek het en n ander groep wie die volgende dag daar arriveer.!!Braam en Mardonet Bekker wys my, my kamer waar ek moet oornag en voeg by: “Oom beter maar hier slaap want oom kry dit verniet.” En daarmee is my planne om die agtermiddag verder te vlieg iets van die verlede.!!
Die weelde waarin oorseese jagters hier tuis gaan word gou duidelik toe ek die plek begin verken..Die naam ‘jagplaas’ verleen nie erkenning aan dit wat n besoeker hier sien en ervaar nie..!!Die plaas verleen werk aan tientalle werkers in vorm van Professionele Jagter (PH), boekhouers, ontvangsdames, werktuigkundiges, plaas arbeiders, kokke, kelners, kroegman, voorman bestuurders ens ens.. Nog n plaas wat geslagte geneem het om op te bou en SEKERLIK nie oorhandig kan word aan onkundiges om te bestuur te bedryf of in besit te neem nie..
Ons sit tot laat die aand in n uitkyk pos en kyk hoe die renosyters rustig wei saam met ander wild by die drinkplek.
Voor ek in die bed klim neem ek fotos van die kamer waarin ek slaap en wonder in stilligheid of dit dalk die kamer is waarin die Shiek van Dubai geslaap het toe hy hier was die anderdag.???
Last edited by Blue Max on Sun Jun 30, 2013 6:21 am, edited 1 time in total.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 17 guests