Re: DIRK se EXPLORER
Posted: Sat Sep 06, 2014 1:14 pm
Net voor ek vrek van pyn. Ek het gister iewers iets opgetel wat bietjie te swaar was. My rug pyn ...moerse seer. Anyway, voor julle vrek van nuuskierigheid. Dirk se errie vlieg soos n hot-rod. Ek was nog besig om die throttle oop te maak, toe spring die gevaarte soos n padda van n klip af, die bloue lug in, en klim soos n poep uit n bad uit 1200vt per minuut. Jeeeez, die enjin is wild hoor. Na so n paar draaie en swaaie, terug grond toe. Sy vlieg baie lekker, maar die pilot sal moet wakker wees. Die errie het BAIE krag. Oom Piet se proepeller doen ook sy ding. Dirk loop nou met n smaail rond, en net sy ore keer dat sy bo-kop nie afval nie.