by Chris Liebenberg » Wed Jul 25, 2012 6:46 pm
Ek moet sê, die stadige spoed het vir seker gehelp. Die landing was teen 'n helling met heelwat klippe tussen die gras.
Die laaste keer wat ek airspeed gelees het voor impak, was dit 50 mpu, en daarna het ek hard terug getrek op die stok om met 'n neus-hoog houding te land.
Dit het gemaak dat die totale 'landing roll' maar net 14 meter was.
Die impak was deur die hele onderkant van die vliegtuig ge-absorbeer, met geen impak reg van voor.
Hoe meer ek na die vliegtuig kyk, hoe minder lyk die skade.
Stefan sal my help skadeberekening doen, dan sal ek weet of ek gaan herstel of nie.
Hoe maak mens met jou kop om weer 'n enjin te vertrou?
Kan mens ooit weer gemaklik vlieg?
Groete