Help met my aquilla 582 asb

Technical questions, advice, sharing information etc (aircraft, engines, instruments, weather and such)
Andre morne
Thinking of flying
Posts: 13
Joined: Mon Jan 28, 2013 10:06 am
Location: Hartswater

Help met my aquilla 582 asb

Postby Andre morne » Thu Feb 11, 2016 10:12 pm

Naand almal,ek het oorsee gan werk vir 8maande(eks nog jonk 24)en het nou onlangs my papierwerk agtermekaar gekry en nou kan ek weer vlieg,so die trike het 8maande gestaan net nou en dan gestart deur n vriend,na klomp power checks en als mooi deurgan het ek venaand gan vlieg,enjine loop baie mooi,maaaar my max rpm is eweskielik 7000!!!!soos ek kan onthou het ek altyd op 5400rpm gecruise en vanaand was dit meestal 6000 en dit was solo.kan iemand my groot asseblief raad gee waar om te begin kyk vir die probleem en wat kan veroorsaak dat die rpm eweskielik so hoog is?ek gan amper trug amerika toe en wil so veel as moontlik vlieg.enige raad sal opreg waardeur word dankie
User avatar
Bulletjie
Nothing beats flying
Nothing beats flying
Posts: 409
Joined: Fri Oct 08, 2010 2:58 pm
Location: Rosslyn Microflyers

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Bulletjie » Fri Feb 12, 2016 7:25 am

Is daar nie aan die prop se pitch gestel nie?
Dream more when you are awake!
Andre morne
Thinking of flying
Posts: 13
Joined: Mon Jan 28, 2013 10:06 am
Location: Hartswater

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Andre morne » Fri Feb 12, 2016 10:00 am

Nee daar is nie,dis n warp drive prop,ek weet mens kan hulle pitch stel,maar wil eers seker maak dis nie die fout nie.wonder of die engine nie lug iewers insuig en miskien te lean hardloop nie,ai ek wil he alles opmy trike moet perfek wees,hierdie pla my baie
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby nicow » Fri Feb 12, 2016 12:00 pm

Watter tyd van die dag het jy gevlieg,en wat was die lugdruk en temperatuur buite?
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
Andre morne
Thinking of flying
Posts: 13
Joined: Mon Jan 28, 2013 10:06 am
Location: Hartswater

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Andre morne » Fri Feb 19, 2016 2:47 pm

Nico,ekt nou al vroeg die ogend en die aand gevlieg,die rpm bly nogsteeds op 7000 rpm vol krag,en gebruik nogsteeds meer rpm om in die lug te bly as altyd.ekt n warp drive prop op,is dit moontlik dat hulle pitch kan uitstel met tyd?miskien kom daar iewers lug in die engine in dat hy miskien te lean hardloop?
User avatar
Nacho
Survived second engine out
Survived second engine out
Posts: 372
Joined: Thu Mar 06, 2008 9:40 am
Location: Crosswinds
Contact:

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Nacho » Mon Feb 22, 2016 8:45 am

Hoe lyk jou EGT's? Eerste plek waar jy kan sien of jy lean hardloop is jou EGT's. In my opinie die belangrikste instrument op n aerie. Maaaar, klink vir my ook na n pitch probleem.Te min wind weestand omrede die pitch nie groot genoeg is nie, dus hardloop jou motor te vinnig en dis omrede jy ook meer RPM nodig het om in die lug te bly. Swap met iemand se P-Prop as jy kan en toets vlieg haar dan weer, ek dink nie jy sal daai prop wil afhaal dan nie :-) Sterkte
WvB aka Nacho
0847014988
wvbosch@gmail.com
ZU-FFS (-)
Louis Geldenhuys
Pre flight checks done
Posts: 30
Joined: Fri Mar 28, 2014 8:43 pm

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Louis Geldenhuys » Mon Feb 22, 2016 10:35 am

meneer my raad:

Maximum RPM op 582 is 6800 , wees versigtig en hou dit dop. jy wil nie oor die gaan nie. As jou RPM te hoog is kan dit jou prop wees. As ek jy is laat n AP kom kyk indien jy nie jou pich self kan stel nie. As Mixture nie reg is nie gaan sy seize.maar kry jou prop reg. Moet haar nie so hard druk nie , sy gaan nie daarvan hou nie
Cape Sky Adventures (SACAA DTO 0029)
Wintervogel Airfield
Microlight, Gyrocopter & Light sport training
071 889 1597
Andre morne
Thinking of flying
Posts: 13
Joined: Mon Jan 28, 2013 10:06 am
Location: Hartswater

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Andre morne » Mon Feb 22, 2016 10:08 pm

Baie dankie vir jul hulp ek waardeur dit baie.gan na die prop se pitch kyk,weet darm van iemand wat my kan help met dit.julle weet nie miskien rofweg hoeveel grade se stel gan hoeveel rpm afbring op die warp drive prop?
Louis Geldenhuys
Pre flight checks done
Posts: 30
Joined: Fri Mar 28, 2014 8:43 pm

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Louis Geldenhuys » Mon Feb 29, 2016 11:54 am

Andre jy moet net biedjies biedjies stel op n slag. n Mooi Rpm sal wees as jy vlieg volkrag 6400RPM , so speel met die pitch maak hom so twee grade growwer en kyk waar loop hy dan.

Hoop jy kom reg

Groete
Cape Sky Adventures (SACAA DTO 0029)
Wintervogel Airfield
Microlight, Gyrocopter & Light sport training
071 889 1597
witwillem
Top Gun
Top Gun
Posts: 529
Joined: Sat Mar 21, 2009 10:55 am

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby witwillem » Thu Mar 17, 2016 5:46 pm

Ekke het net so n bloutjie geloop in desember , met die droogte was dar nie geld vir ekstras nie so daar was nie gevlie nie , nourie dag stof ekke af en daar gaat ek , die blerrie enjentjie loop soos n lister wat teveel olie het , geen krag ref starrig op en cruise metn gesukkel , npaar oproe na die leperkoring toe en nuwe pretrol en sie daar ou betta is weer open tops grotegeid witwillem (**) .
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby nicow » Fri Mar 18, 2016 8:51 am

witwillem wrote:Ekke het net so n bloutjie geloop in desember , met die droogte was dar nie geld vir ekstras nie so daar was nie gevlie nie , nourie dag stof ekke af en daar gaat ek , die blerrie enjentjie loop soos n lister wat teveel olie het , geen krag ref starrig op en cruise metn gesukkel , npaar oproe na die leperkoring toe en nuwe pretrol en sie daar ou betta is weer open tops grotegeid witwillem (**) .
Jou beplanning is sleg-hoop jy het uit jou foute geleer:sorg altyd dat daar genoeg petrol is om in slegte tye ook petrol te hê om te kan vlieg ##
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
witwillem
Top Gun
Top Gun
Posts: 529
Joined: Sat Mar 21, 2009 10:55 am

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby witwillem » Sat Mar 19, 2016 2:20 pm

Jis ou Nico smaak my dars so byt op jpu lip , jong die drogegyd kom soos n dief innie nag. Ek het alternatiewe branstof ook pobeer , ons witblit 3 maal deuri ketel , die ou trimph en model A fordloop op dit as ek jou rak loop sal ek vir jou so ietsie gee viirie stywe lip wat loop gooi of hoe vat hom flaffie
User avatar
Boet
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3795
Joined: Sun Jun 05, 2005 4:40 pm

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Boet » Sun Mar 20, 2016 8:53 pm

Stel jou prop dat hy tussen 6250 to 6300 Maks staties gee. MAW, moerse klippe voordie wiele en aan joy kar se tow bar vasgemaak met n baie sterk tou en balls to the walls. As jy so naby as moontlik aan 6250rpm kry is jy op die sweet spot. Beste kompromie pitch+ redelike goeie take-off, klim en cruise. Al baaaaie gedoen. Weet. vhpy
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby nicow » Mon Mar 21, 2016 11:12 am

Boet wrote:Stel jou prop dat hy tussen 6250 to 6300 Maks staties gee. MAW, moerse klippe voordie wiele en aan joy kar se tow bar vasgemaak met n baie sterk tou en balls to the walls. As jy so naby as moontlik aan 6250rpm kry is jy op die sweet spot. Beste kompromie pitch+ redelike goeie take-off, klim en cruise. Al baaaaie gedoen. Weet. vhpy
Stem saam (^^) (^^)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
Bundy
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3624
Joined: Thu Sep 02, 2010 5:23 pm

Re: Help met my aquilla 582 asb

Postby Bundy » Wed Mar 23, 2016 7:06 am

Boet wrote:Stel jou prop dat hy tussen 6250 to 6300 Maks staties gee. MAW, moerse klippe voordie wiele en aan joy kar se tow bar vasgemaak met n baie sterk tou en balls to the walls. As jy so naby as moontlik aan 6250rpm kry is jy op die sweet spot. Beste kompromie pitch+ redelike goeie take-off, klim en cruise. Al baaaaie gedoen. Weet. vhpy
Boet is 100% right...

Andre I'm seriously confused as to why it would suddenly be revving so high with no adjustment? Makes no sense...? Variations in QNH will not make that much of a difference...so there must be something else that caused such a huge shift in operating RPM?

I fly an NC/582 combo..... Full Taps 6300RPM...cruise (solo) 4600-4800RPM....(dual) 4800-5000RPM. QNH dependant...

When we changed from warp to NC....the cruise RPM immediately dropped by 500. Better Fuel consumption too. Never regretted it. (!!)

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 15 guests