582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Technical questions, advice, sharing information etc (aircraft, engines, instruments, weather and such)
User avatar
ZUDOD
Pre flight checks done
Posts: 30
Joined: Sun Mar 17, 2013 3:50 pm
Location: Musina

582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby ZUDOD » Mon Aug 25, 2014 9:52 pm

Help my asb met die volgende:

Sondagoggend tydens opstyg het die 582 met 366 ure op, skielik uitgesny. Dit het gebeur na sowat 18 sekondes in die lug terwyl die engin teen 6400 rpm gedraai het. Die Cobra was besig om teen 800 vt/min+ te klim met 50 liter brandstof en met pilot en pax wat saam 180 kg weeg. Die humiditeit was 12% en die temp was 15 grade volgens die weervoorspelling. Die watertemperatuur was net oor 80 grade onmiddelik na landing.

Die vonkproppe het 16 ure op, die lugfilters het 4 ure gedoen sedert dit gewas is en is steeds skoon. Die petrolfilter is op 362 uur vervang toe die petroltenk gespoel is nadat daar besoedelde petrol/water in was. Die pre-flight is deeglik gedoen, die petolfilter is skoon en daar was geen teken van water in die petrol nie. Die Facet elektriese petrolpomp is gebruik om die vergassers te "prime" maar was af tydens opstyg.

Na die voorval kon geen fout gevind word nie en ook geen vuiligheid in die vergassers of petrolfilter nie. Die engin is daarna vir lank laat loop en Nicow (wie toevallig in Musina was) het die vliegtuig vir ongeveer 20 min gevlieg, sonder enige probleme.

Op die video http://youtu.be/xPBKbrkVFhU kan gehoor word hoe die engine sny en dan weer revs optel. Omrede ek reeds op die landing besluit het, het ek die petrol gelos toe die revs weer optel.

Enige opinies oor wat die fout was/is?
Wiets Beukes
ZU-DOD
ZU-IFL
MadMurdog
Thinking of flying
Posts: 11
Joined: Sun Mar 30, 2014 9:18 pm

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby MadMurdog » Tue Aug 26, 2014 9:51 am

kon dalk n bowl wees wat vasgeteek het of needle jet wat ni reg oopgemaak het .. ander probleem kan ook wees petrol pype wat barsies in het of vacum pertol pump.. het self so probleem gehad was vacum pump se seal,die was n R1000 by commet..

ten tye van jou noodlanding het jy di carbs se bowls oopgemaak,voor jy weer gestart het om te kyk hoeveel petrol daarin was?
User avatar
Tjoek
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 194
Joined: Mon Sep 19, 2005 6:45 pm
Location: Centurion

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby Tjoek » Tue Aug 26, 2014 1:43 pm

Dieselfde het paar jaar gelede met my gebeur, toevallig ook in 'n Cobra. Sien viewtopic.php?f=13&t=2905 In my geval was dit fuel lines. Rubber wat obstruksie veroorsaak het. Alles het reg getoets op grond, maar fuel starvation na tyd soos by take-off.
User avatar
Triker
The sky is all mine
The sky is all mine
Posts: 487
Joined: Fri Feb 16, 2007 12:07 pm

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby Triker » Wed Sep 03, 2014 4:57 pm

Gelukkig het jy `n lekker lang aanloopbaan gehad! Daai bosse lyk maar reig.
User avatar
D2O
Top Gun
Top Gun
Posts: 528
Joined: Sun Feb 08, 2009 12:11 pm

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby D2O » Wed Sep 03, 2014 6:38 pm

Happened with me as well.
Cause: Dirty fuel.
Plane-less
flyingdutchman
Pre flight checks done
Posts: 32
Joined: Sun Apr 28, 2013 7:50 am
Location: Pretoria

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby flyingdutchman » Wed Sep 03, 2014 10:56 pm

Ons het dieselfde snag gehad.
Nadat ons als probeer het en laastens 2 goeie/beter carbs opgesit het,lyk dit of die probleem op gelos is.
Een van ons carbs se bowls het leeg geloop. Die mag carb.
User avatar
Hadams
Almost a pilot
Almost a pilot
Posts: 161
Joined: Tue May 04, 2010 7:13 am
Location: Panorama air field
Contact:

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby Hadams » Wed Sep 10, 2014 2:25 pm

Meeste van die punte is genoem, maar alles gaan oor die "card bowls" wat moet vol bly! Tydens opstyg is die "carbs" vol oop en as die pompe nie kan bybly nie word hulle leeg tydens daai fase! Sodra jy terug kom op die krag word hulle weer vol en jy kan dan weer aangaan.

Dinge om na te kyk is wat het jy laaste gedoen voor die episode, vuel filters mag skoon lyk op die grond, sodra jy 'n vinniger vloei deur hom sit dan strem dit die vloei agv blokasie om die membraan. Het jy onlang 'n fuel flow meter opgesit? Daar ook is die "jet" wat hulle aanbeveel vir 0 - 30 L/h verkeerd, sit die volgende grooter een in.

Het 'n vriend gehelp nadat hy drie keer moes LOB en op die einde was dit die filter. Volgens jou video sal ek my kop op 'n blok sit dat dit die filter is!

Alhoewel jy die filter omtrent 4 ure terug vervang het, het jy ook die tenk skoon gemaak en dit kan ook veroorsaak dat die "WIT" plastiek stof bo aan die binnekant van die tenk afgewas was en in die filter gaan sit!

Groete.
Henry Adams
ZU-CEA Raptor Trike
ZU-FTV Sling
Panorama

To be old and wise, one must first be young and stupid! And some of us refuse to grow up!
jacquesv
Signed up at flight school
Posts: 27
Joined: Tue Nov 20, 2012 8:16 pm

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby jacquesv » Fri Sep 12, 2014 8:17 am

ek het ook 6 maande teru die selfde problem ge haat gaan ruil jou petrol vilter met n rotax two stroke een jy kan dit by comit koop en is nie baie duur nie
as dit n gut filter is clog die twostroke olie die papier membraan en hy restrict die flooi van die petrol

sterkte
Jacques vhpy
User avatar
LoneRunner
Looking at the sky
Posts: 6
Joined: Wed Jul 09, 2014 7:18 pm

Re: 582 Verloor Krag/Revolusies Tydens Opstyg

Postby LoneRunner » Sun Sep 14, 2014 7:03 pm

jacquesv wrote:ek het ook 6 maande teru die selfde problem ge haat gaan ruil jou petrol vilter met n rotax two stroke een jy kan dit by comit koop en is nie baie duur nie
as dit n gut filter is clog die twostroke olie die papier membraan en hy restrict die flooi van die petrol

sterkte
Jacques vhpy
Hey jacqeus, dink jy nie 'n groot maatskapy soos GUD sou duidelik daai filters gemerk het vir " Not for two stroke" as dit die geval was nie?

Ek het ook nou anderdag 'n 582 ervaar wat begin mis het net na opstyg op vol krag nadat ek die elektriese pomp afgesit het... die fout was toe skuins gebuigde assies waarop die "floats" ry, die arm van die " needle en Seat" kon nie ver genoeg afgaan en sodoende die inkomende vloei van petrol na die kamer beperk.. in 'n neutedop die een "Carb."
het drooggeloop onder vol kraglewering :mrgreen:

Al gesien die ouens gebruik daai filters wyd en Suid en as jy nie te oorywerig die klampe vasmaak en die arme ou filtertjie se pype toeknyp met die klampe nie dink ek hulle behoort te werk as dit al is wat jy kan bekom

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 8 guests